Japannese Keiserryk

大日本帝國
Dai Nippon Teikoku

Keiserryk Groot-Japan
1868–1947
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Leuse: 1868–1912:
五箇条の御誓文 (Gokajō no Goseimon?)
("Handveseed"/"Die eed in vyf artikels")
1926–1947:
八紘一宇 (Hakkō ichiu?)
("Die wêreld onder een dak"/"Al agt hoeke van die wêreld")
Volkslied: 君が代 (Kimi ga Yo?)
(Sy keiserlike majesteit se heerskap)
noicon
Ligging of Japan
Ligging of Japan
Die Japannese Keiserryk op sy hoogste
Hoofstad Kioto (1868–1869)[1]
Tokio (1869–1947)
35°41′N 139°41′O / 35.683°N 139.683°O / 35.683; 139.683Koördinate: 35°41′N 139°41′O / 35.683°N 139.683°O / 35.683; 139.683
Taal/Tale Japannees
Godsdiens De jure: geen
De facto: Sjintoïsme[2][3]
Regering Monargie
Tennō
 - 1868–1912 Meiji
 - 1912–1926 Taishō
 - 1926–1947 Shōwa
Eerste minister
 - 1885–1888 (eerste) Itō Hirobumi
 - 1946–1947 (laaste) Shigeru Yoshida
Wetgewer Keiserlike dieet
Historiese tydperk Nuwe tyd
 - Meiji-Herstelling 3 Januarie 1868
 - Meiji-grondwet 29 November 1890
 - Eerste Chinees-Japannese Oorlog 1894–1895
 - Russies-Japannese Oorlog 1904–1905
 - Eerste Wêreldoorlog 1914–1918
 - Tweede Chinees-Japannese Oorlog 1937–1945
 - Japannese oorgawe 2 September 1945
 - Nuwe grondwet 3 Mei 1947
Oppervlakte
 - 1938[4] 1 984 000 km2
766 027 sq mi
Bevolking
 - 1920[5] skatting 77 700 000 
 - 1940[5] skatting 105 200 000 
Geldeenheid Jen
Voorafgegaan deur
Opgevolg deur
Tokugawa-shogunaat
Qing-dinastie
Russiese Ryk
Koreaanse Ryk
Nederlands-Indië
Japan
Republiek China
Noord-Korea
Suid-Korea
Nederlands-Indië

Die term Japannese Keiserryk of Keiserryk Japan (大日本帝國 (Dai Nippon Teikoku "Keiserryk Groot-Japan"?)[6]) verwys gewoonlik na die tydperk in die Japannese geskiedenis tussen die Meiji-Herstelling in 1868 en die Japannese oorgawe aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog in 1945. In politieke opsig sluit dit die tyd tussen die ontbinding van die Han en die indeling van Japan in prefekture op 14 Julie 1871, Japan se uitbreiding oor die Stille en Indiese oseane tot sy formele oorgawe op 2 September 1945 in. Grondwetlik verwys die term na die tyd vanaf 30 November 1890 tot 2 Mai 1947. Die benamings Japannese Ryk en Keiserlike Japan is algemeen bekend, terwyl die letterlike vertaling van die Japannese naam Keiserryk Groot-Japan is.

Die Japannese Keiserryk en sy satellietstate tydens die Tweede Wêreldoorlog in 1942, deur Japan "Groot (Oos-)Asiatiese samelewings en welvaartgebied" genoem

Die land is die Japannese Keiserryk genoem toe die Meiji-Herstelling die grondslag vir 'n nuwe regering gevorm het om die Ryk te verenig. Desondanks is eers in die grondwet van die Keiserryk Groot-Japan, die "Meiji-grondwet" van 1889, die titel Tennō ("Keiser van Japan") vir die eerste keer amptelik gebruik. Die amptelike naam van die land is eers in 1936 wetlik vasgelê. Voorheen is die benamings Nippon ("Japan"), Nippon koku of Nihon koku ("Land Japan"), Dai-Nippon ("Groot-Japan"), Dai-Nippon koku of Dai-Nihon koku ("Staat Groot-Japan"), Nihon Teikoku ("Keiserryk Japan") gelyktydig op 'n amptelike vlak gebruik.

1946, een jaar na die einde van die Tweede Wêreldoorlog, is Japan herstruktureer en die amptelike naam gewysig. Met die nuwe grondwet van Japan in 1946 is die amptelike naam as "Staat Japan" (Nihon Koku) aangedui.[7]

  1. (en) Schellinger and Salkin, red. (1996). "Kyoto". International Dictionary of Historic Places: Asia and Oceania. UK: Routledge. p. 515+. ISBN 978-1-884964-04-6. {{cite book}}: Onbekende parameter |chapterurl= geïgnoreer (hulp)
  2. (en) Josephson, Jason Ānanda (2012). The Invention of Religion in Japan. University of Chicago Press. p. 133. ISBN 0-226-41234-2.
  3. (en) Thomas, Jolyon Baraka (2014). Japan's Preoccupation with Religious Freedom (Ph.D.). Princeton University. p. 76. Besoek op 3 September 2019.
  4. (en) Harrison, Mark (2000). The Economics of World War II: Six Great Powers in International Comparison. Cambridge University Press. p. 3. ISBN 978-0-521-78503-7. Besoek op 3 September 2019.
  5. 5,0 5,1 (en) Taeuber, Irene B.; Beal, Edwin G. (Januarie 1945). "The Demographic Heritage of the Japanese Empire". Annals of the American Academy of Political and Social Science. Sage Publications. 237: 65. JSTOR 1025496.
  6. (en) Shillony, Ben-Ami (2013). Ben-Ami Shillony – Collected Writings. Routledge. p. 83. ISBN 1-134-25230-7.
  7. "Chronological table 5 1 December 1946 – 23 June 1947" (in Engels). Nasionale Dieet Biblioteek. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 3 September 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search